NG GEMEENTE GROBLERSDAL GEMEENTE VISIE
“Maak die Koninkryk sigbaar!”
Die gemeente se visie is gebaseer op die oortuiging dat in Christus Jesus ons iets van die komende koninkryk van God kon beleef. Daarom is dit ons doel om die beginsels en waardes van dié koninkryk uit te leef en uit te straal na die wêreld daarbuite!
In ‘n neutedop is dit ons doel om vir mense ‘n idee te gee van hoe dit lyk wanneer God se wil op ‘n plek heers.
Boustene van hierdie visie:
- Die Skrif
- Die Kruis
- Die opstanding van die Here Jesus
09H00 Erediens.
09h00 KleuterKerk
09h00 KinderKerk
10h00 Tienerkleingroepe
Tee en Koffie in die binnehof na die Erediens
“Hou Hom voor oë wat so ‘n vyandige optrede van die sondaars teen Hom verdra het. Dan sal julle nie geestelik moeg word en uitsak nie.”
