Publikasies

 

   

 

Going the Second Mile
What is the second mile? It’s the difference between living as a good person, and enjoying life as a child of God. When you do your best for someone, you go the first mile. When God does His best through you, you experience the second mile. He carries the burden and takes you beyond yourself. 

This can only happen when you let Christ take over and empower you to accomplish what is otherwise impossible by your natural abilities. While others see your good works on the first mile, they see Christ’s power working through you on the second. 
Vir meer inligting, kliek hier.             

 

 

'n Pad in die Woestyn
Die mens is op reis deur die lewe. Sommige loop in groen woude langs helder stroompies. Ander bevind hulle op ’n snelweg deur ’n betonoerwoud. Ander voel of hulle in ’n woestyn is, smagtend na ’n druppel water.

’n Pad in die woestyn is ’n dagboek met 366 splinternuwe oordenkings uit die pen van Solly Ozrovech. Met hierdie boek sal die leser ontdek dat elke dag saam met God kan wees soos om op ’n rivier in die middel van die woestyn af te kom. God, die enigste konstante faktor in ons lewens, wil mense se geestelike dors les en hulle bemoedig om ander woestynreisigers na die ware fontein van die lewe te bring.
Vir meer inligting, kliek hier.

    

Wees stil en weet...
“Die mens wik, maar God beskik.” Dit maak nie saak hoeveel planne ’n mens vir jouself maak nie, God het ’n plan met elkeen se lewe en wil hê ons moet daarvolgens lewe.

Wees stil en weet is 365 oordenkings wat lesers opnuut bewus maak van die feit dat God in die sentrum staan, en dat alles ontvou rondom en vanuit Sy wil. 

Die oordenkings in Wees stil en weet word in die vorm van ’n erediens aangebied. Daar is die lof en aanbidding, maak gereed vir die ontmoeting, luister na die Wet en belydenis van sondeskuld. Nadat lesers van sondevergifnis verseker is, volg die luistertyd. Daar word elke maand ’n tema behandel wat meestal aan die hand van ’n deurlopende Bybelgedeelte aangebied word. Elke maand word ook met ’n seënbede afgesluit.
Vir meer inligting, kliek hier.


Vorige bladsy: Projekte en Uitreike
Volgende bladsy: Die Trompet