Projekte en Uitreike

 

PROJEKTE 2015


 

NYLSTROOM KINDERHUIS:HUIS TAAIBOS

Ons direkte kontakpersoon is Lesley Ferreira 013 262 3381/082 755 6485.

Siekekamer van Tehuis
Liewe Vriende van die Kinderhuis
Die behoefte aan 'n siekekamer, verbind met die kliniekterrein het al noodsaakliker geword. Dit is tans in aanbou. So het ons die afgelope tyd 5 kinders gehad wat siek geword het by die skole of deur die nag wat deur die suster versorg moet word, aangesien die kinderversorgers soggens tussen 07:00 en 12:00  van diens af is om hul werksure volgens wet ingepas te kry.
Dit bring ons by die doel van dié skrywe:-
Ons benodig 3 mediese ondersoekbeddens of beddens wat deur fisioterapeute gebruik kan word. Dalk staan daar een by u wat u nie meer gebruik nieen wat nuttig deur ons aangewend kan word.Ons het reeds 1 as skenking ontvang, maar kort nog 3 vir die siekekamer.
Kontak my gerus. Ons sal dit by u kom oplaai.

Kinderhuisgroete
Gezina Lombard (Bemarker Abraham Krielkinderhuis, Nylstroom)
E-pos: gezina@esnet.co.za
Kontaknommer: 082 897 3877
Faksnommer: 086 570 7648

Benodigdhede vir kinders
Sou u 'n geskenk vir die kinders wil koop, kontak Lesley asb vir leiding, aangesien familie en vriende van die kinders druk op hul plaas om dit in die hande te kry, en ons wil graag hê dat dit wat vir die kinders bedoel is, by die kinders moet uitkom.
Huis Taaibos benodig die volgende:
4 badkamermatjies (neutrale kleur), 'n voordeurmat, 'n sitkamermat 7x4m, kennisgewingbord 1.2x80cm, elektriese ketel, groot plastiekbakke, oondpanne, groot glasbakke met deksels, blikoopmaker, 12 koffiebekers, 12 naweektasse, groot plastiekkratte met deksels, kussings vir eetkamerstoele, messegoed 12 van alles. Indien u kan help, kontak Lesley sodat ons oordeelkundig kan koop.
By voorbaat baie dankie.
Kontakpersoon: Lesley Ferreira 013 262 3381/082 755 6485

 

"CRAFT SHARE"-GROEP
Die "Craft Share'-groep vergader elke 1ste Dinsdag van die maand. Ons kom 4 Februarie om 09:00 aan huis van Lynette Meyer bymekaar. Kom geniet 'n heerlike kuieroggend en kom deel u kreatiwiteit met mekaar.

Die "Craft Share"-groep het gedurende 2012 begin. Ons doel is om die hele jaar te werk vir die basaar se naaldwerktafel. Ons het in 2012 'n baie suksesvolle tafel gehad a.g.v. die dames wat heel jaar gehelp het met die maak van die artikels.

Brie-en hekelartikels was die in die meerderheid. Ons wil graag die goeie werk voortsit deur elke maand weer by mekaar te kom. Voordat ons aan die werk spring, wil ons graag die gemeente se versoeke vir artikels kry. Dis vir ons belangrik dat die artikels wat met soveel moeite gemaak word, markverwant is en dan ook in die mode en in aanvraag moet wees.

Die "Craft Share"-groep gaan elke eerste Woensdag van die maand by mekaar kom te Springbokstraat 28. Ons sal ook graag van ander huise gebruik maak. As u voorstelle het, skakel my asseblief.

Die datum vir die byeenkomste sal elke maand in die kerkweekblad verskyn met my kontaknommer is  082 488 4120. Die dames wat die groep gaan bywoon, kan my per SMS in kennis stel sodat ek al die nodige reëlings vir die byeenkoms kan tref. ENIGE IEMAND is welkom om deel te wees van die kreatiewe span.

Elke maand gaan nuwe artikels aangepak word en dit sal ook in die kerkblad geadverteer word.

Ons soek voorstelle vir 'n verskeidenheid artikels met u naam daarby wat u die kerkkantoor kan inhandig of aan my kan SMS by 082 488 4120. Oud en jonk is welkom om ons met voorstelle te bombadeer.

Groete
Tanya de Clerck.

VOEDINGSPROJEK VIR  LAERSKOOL JULIAN MULLER.
Elke Donderdag is ons gemeente verantwoordelik om aan 30 leerders 'n voedselpakkie te voorsien. Hiervoor benodig ons finansiële bydraes of selfs skenkings (vrugte en voedsame smere) vir so 'n voedselpakkie. U kan dit by die kerkkantoor inbetaal of afgee, gemerk "Voedselprojek" . Uit hierdie fondse word die verversings (brood, smere vir broodjies/vrugte en miskien 'n lekkerny) aangekoop. Baie dankie vir u samewerking.

ABRAHAM KRIEL KINDERHUIS "HUIS TAAIBOS" te Nylstroom


Ons gemeente is saam met Marble Hall gemeente verantwoordelik vir Huis Taaibos se seuns. Ons dra ons seuns van Taaibos weer aan u op en vra vir donasies sodat ons die seuns weereens kan bederf (R1500 vir verjaarsdae en ander uitgawes). Die bydrae kan by Memory by die kerkkantoor inbetaal word. Onthou dat u ook 'n maandelikse aftrek/debietorder kan reël. Indien u enige vrae het, skakel my, Lesley Ferreira, 082 755 6465/013 262 3381. Lesley is ons gemeente se direkte verteenwoordiger en sy kan u inlig oor die behoeftes of enige ander inligting wat u verlang aangaande die kinderhuis.
Maak 'n verskil in 'n kind se lewe vir die res van sy lewe

 FONDSINSAMELINGSPROJEK in samewerking met SOLIDARITEIT HELPENDE HAND
Ons benodig hiervoor gebruikte klere in 'n goeie toestand om te verkoop. Alle gelde wat geïn word, word verdeel 60% vir die kerk, en 40% vir Helpende Hand. Tweedehandse klere kan by die kerkkantoor afgegee word. Deel van die fondse sal beskikbaar wees vir die Kankervereniging van Groblersdal om bv. te help met die vervoer van pasiënte na Pretoria vir behandeling en ook met die benodigdhede vir tuisversorging. U ondersteuning sal waardeer word. Baie dankie. 

 



Volgende bladsy: Publikasies