Jeugaksie

Jeugaksie 



Visie
Ons wil 'n veilige hawe skep waar ons vertroue en lojaliteit bou waar niemand geoordeel word nie, maar ondersteun en opgebou word. 'n Omgewing waar ons alles deel, met ons "up`s en down`s". 'n Plek waar ons saam van God, by God en deur God geleer word. Waar ons saam wil groei na die dissipels wat Jesus ons gemaak het om te wees én dit gaan uitleef om die wêreld van Jesus se liefde bewus te maak.


 Belydenisklasuitreik       

Belydenisklasuitreik na Hazyview 15-17 Juliie 2016. Ons deel op hierdie uitreik Bybels en kombersies uit aan kinders wat dit nie besit nie, die Bybels kos R80 en kombersies by PEP HOME of GAME beloop so R40 en R60 elk. Indien daar van ons gemeentelede is wat dit in hulle hart voel om hierdie prjek te ondersteun, sal dit waardeer word. Dit is 'n laerskool wat ons besoek en klere sal ook welkom wees. Gee alle kombersies en donasies asseblief by die kerkkantoor af.

 Dankie vir al die komberse en donasies wat reeds ontvang is!


Vorige bladsy: Kategese 2016
Volgende bladsy: Bedieninge