Jaarprogram 2015


Ons herinner u aan die R20 "ledegeld" per maand. Hierdie is 'n vrywillige bydrae.

Kunsmark vir 2014

Daar is nou reeds 'n paar dames wat artikels begin maak vir die volgende kunsmark en ons benodig die volgende:

  • Ou jannas (jeans) wat opgesny kan word;
  • Peule, sade, dennebolle en droe takke;
  • 750gram blikke;
  • Afvallappe;
  • Kunsblomme;
  • alle kombuisware wat u kan afstaan bv. breekware, eetgerei, strykysters, ens.;
  • Growwe tou;
  • Teels ens.

 

Ons verwerk enige ou goed in bruikbare, kunstige artikels. Dit wat ons nie gaan gebruik nie, sal oorstaan vir die basaar van 2014. U kan die artikels by die kerkkantoor inhandig. Baie dankie vir u samewerking.

RESEP VIR GELUK

‘n Handjievol lagkruie, gekweek in die tuin van jou gees. ‘n Flink dosis geesdrif en besieling, blydskap en lewensvreugde. Enkele blaartjies sagmoedigheid, bedruip met geduld. Die sap van die plante: selfvertroue en beheersing van gedagtes. ‘n Tikkie sorgelose onverskilligheid vir onbenullige kritiek. ‘n Flink stuk aanvaarding en buigsaamheid om nie te breek nie. Laat alles goed trek in die sap van die humor.


 

 

 

VRIENDIN

‘n Vriendin is ‘n reisgenoot wat in die woestyn vir my sê: “Die oase kan nie meer ver wees nie.”

‘n Vriendin is ‘n reisgenoot wat by die oase vir my sê:  “Die beloofde land sal nog mooier wees.”

‘n Vriendin is ‘n reisgenoot wat weet wanneer ek moeg raak, en dan saam met my stadiger verder loop.

E. Laridon



Vorige bladsy: SPAR-stalletjie
Volgende bladsy: Herwinning