Familiefees Basaar 2016 en ander markte

 

 Winter-vlooimark 6 Junie 2016 te Game se parkeer-area


Ansie Walker wil graag 'n lapbanier verf vir dié Wintersmark. Sy het reeds die lap en verf maar kort nog 'n kunstige hand om haar asseblief te help. Laat weet haar as jy kans sien om bietjie met lap en verf te speel.

Ons gemeente gaan kerrie-en-rys, worsbroodjies, pannekoek saam met koffie en tee, 'n vars groente mark asook 'n 2de handseklere tafel beman. 

Indien u kan help, of u eie tafel -R100 per staanplek- soek, kan  gerus vir Ansie Walker skakel by 081 245 4202.

 

Familiefees Basaar 2016


Kuns-en Handwerk

Alle juweliersware, skilderkuns, pottebakkerswerk, borduurwerk, hout en-metaalwerk, loodglaswerke,kerswas, naaldwerkartikels ens. ens, word benodig vir ons basaar. 

ENIGE HANDWERK IS WELKOM!




 




 


Vorige bladsy: Afkondigings & Kennisgewings
Volgende bladsy: Het-Soek?